Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARLNUUS SONDAG 20 APRIL 2008

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-
Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir
amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke
Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels
uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web
www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos
aangedui. Vir oudio via Echolink koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie, en vorige bulletins, kan van www.sarl.org.za
afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige
bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is George, ZS6NE, vanuit Pretoria met
herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz
ESB asook, 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die
Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

In vandag se SARLNuus:

VERKRY 2 MAANDE VRY SARL-LIDMAATSKAP DEUR NOU AAN TE SLUIT

PRESIDENTSNET VANAAND OM 19:00

ONWETTIGE HANDDRASTELLE?

INTERNASIONALE MARCONIDAG IS 26 APRIL

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede
oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

VERKRY 2 MAANDE VRY SARL-LIDMAATSKAP DEUR NOU AAN TE SLUIT

Sluit nou by die SARL aan en verkry Mei- en Junielidmaatskap
gratis. Alle lidmaatskapaansoeke wat nou ingestuur word,
sal teen die afslagkoers van R305 aanvaar word en sal
lidmaatskap tot 30 Junie 2009 verleen.Aansoekvorms is
beskikbaar bop www.sarl.org.za. Laai dit nou af en volg die
betalingsvoorskrifte op die vorm en op die webblad. Indien
jy bystand verlang, bel Vee by 011 675 2393, Maandae tot
Vrydae tussen 08:30 en 13:00.

Die spesiale lidmaatskapfooi vir lede oor 65 is R230 en met
`n 20% afslag is dit slegs R184 met Mei en Junie se
lidmaatskap gratis.

PRESIDENTSNET VANAAND OM 19:00

Sluit aan by Graham Hartlett, ZS6GJH, die uittredende
President van die SARL, en Rassie Erasmus, ZS1YT, die
nuutverkose President vir die presidentsnet vanaand om
19:00. Klubs wat `n koppeling wil bespreek, moet e-pos
stuur aan armi@sarl.org.za voor 12:00 vandag. Daar sal
vanaand geen Integnet wees nie. Hou hierdie spasie daop vir
toekomstige inligting.

KOMPETISIENUUS

Vanmiddag tussen 14:00 en 16:00 SAT kan jy deelneem aan die
Herfs-QRP-naelloop op die 40 meterband. Jy kan deelneem as
'n draagbare or vaste stasie en gebruik maak van GG of foon
of gemeng. Kraguitset is 5 watt of 1 watt of 100
milliwatt. 'n RS- of RST-verslag en die jaar van jou eerste
lisensie word uitgeruil. Slegs draadantennas mag gebruik
word. Elke kontak tel 2 punte en elke voorvoegsel gewerk
tel twee punte, vermenigvuldig dan die QSO-telling met die
voorvoegseltelling en vermenigvuldig dan met die krag
vermenigvulder: 5 watt x 1, 1 watt x 5 of 100 milliwatt x
10.

Logstate moet binne 15 dae na afloop van die kompetisie per
e-pos versend word aan hfcontests@netactive.co.za of per
slakkepos aan Die Kompetsiekomitee, Posbus 12104, Brandhof,
9324. Die sluitingsdatum is 5 Mei 2008.

INTERNASIONALE MARCONIDAG IS 26 APRIL

(Opgesom uit ARRLNuus)

Spesiale geleentheidstasies sal op 26 April (UTC) op die lug
wees om Internasionale Marconidag (IMD), Guglielmo Marconi
se geboortedag op 25 April 1874, te gedenk

Deelnemers kan vir toekennings kwalifiseer deur kontakte op
160 tot 10 meter (GG, ESB en digitaal) met IMD-stasies te
maak wat bedryf sal word op of naby `n terrein waarvandaan
Marconi eksperimente uitgevoer het of waar Marconitoerusting
gebruik was voor sy dood in 1937.

Verdere inligting aangaande Internasionale Marconidag kan
verkry word vanaf die IMD-webwerf
. Op die IMD-webwerf
is `n lys van IMD
2008 toekenningstasies..

KLUBNUUS

PEARSNUUS

Agtien lede van die Port Elizabeth Amateur Radio Society het
gedurende die naweek van 18 en 19 April kommunikasie verskaf
vir die "Eastern Cape 500 Off-Road Race". Die wedren het in
die nabyheid van Port Elizabeth plaasgevind met groot dele
van die roete in die Longmore plantasie. Die wedren is
georganiseer deur die Algoa Motorsportklub, wat ook die
jaarlikse VW-tydren organiseer en waarvoor PEARS die
kommunikasie verskaf vanaf die begin daarvan in die mid-
1980's.

Die naweek se wedren is een in die nasionale serie in die
nasionale kampioenskap op grondpaaie, wat deur ABSA geborg
word. Daar was ongeveer 45 deelnemers wat `n aantal
internasionale deelnemers insluit.

KEMPTON PARKNUUS

Die Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging (KARTS)
gaan 'n spesiale veldstasie met die klub se roepsein ZS6KTS
op die lug hˆ van 1 tot 3 Mei 2008 in die
Potchefstroomdistrik. Die spesiale stasie sal op ESB in die
40 en 20 m-band aktief wees vanaf ongeveer 08:00 tot 22:00.
QSO's sal op die SARL se elektroniese QSL-buro bevestig
word.

ONWETTIGE HANDDRASTELLE?

Hieronder volg `n (vertaalde) nuusitem uit hierdie week se
WIANews, wat aantoon wat in die amateurradiospektrum gebeur;
radioamateurs wees waaksaam, dit kan op enige plek, ook
hier, gebeur.

"Dit is geen lagwekkende voorval nie toe seine op die 70 cm-
band gedurende die Melbourne se komediefees gehoor is nie.

Personeel van `n sekuriteitsmaatskappy is toerus met
ingevoerde Chineesvervaardigde handdraagstelle. Dit was
geglo dat die radios burgerbandradios is en dat dit in orde
was om vir kommunikasie in die strate van sentrale Melbourne
te gebruik.

Die ACMA het spoedig opgetree na die ontvangs van rapporte
aangaande die betreders en het die nodige stappe gedoen om
om voldoening aan die Radiokommunikasiewet te verseker.

Die vrees in die amateurradiogemeenskap is dat hierdie
voorval net die begin kan wees van baie meer kommersi‰le
gebruik van soortgelyke radios. Hierdie vrees word versterk
deur rapporte van `n ander betreding van die 70 cm-band vir
parkeeraanwysings by `n gesiene vermaaklikheidskompleks in
Melbourne.

Dit is belangrik dat radioamateurs vir ACMA sal help om met
sy taak van ondersoek en wetstoepassing voort te gaan.

Pogings om oor die lug met die oortreders te praat mag `n
oortreding van die amateurlisensievoorwaardes wees, maar ma
gook ACMA se ondersoek in die wiele ry indien die oortreder
QSY".

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte
sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die
geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees behalwe
gedurende 23 tot 25 April wanneer ernstige stormvlakke
verwag word. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal
gedurende die komende week minder as 5 wees.

Die verwagte DX-toestande is goed vir die Noordelike
rigtings maar vrotterig vir die hoofsaaklik Noord-Westelike
paaie. 15 m en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike
15 en 20 m-openinge vanaf 14:00 SAT na Indi‰. Kontakte na
Australi‰ gaan baie uitdagend wees. Vanaf ongeveer 16:00 is
daar moontlike goeie 10, 15 en 20 m-openinge na Europa.
Kontakte met die VSA gaan baie uitdagend wees.

10 MHz lyk na sononder bruikbaar vir die morsekode- en
digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed
wees. 30 m behoort gedurende die middel van die dag goeie
resultate oor die langer afstande te lewer. Saans is 80 m
die beste keuse. Dit is nou as die donderstorms en staties
jou 'n kans gaan gun.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou
altyd kan verras. Skakel jou stel aan,luister en roep ook
CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

20 April - Die Herfs-QRP- naelloop.
20 April - Presidentsnet vanaand;
26 April - Internasionale Marconidag;
5 Mei - Logstate vir Herfs-QRP-naelloop moet in wees.

SARL nuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir
radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is in te
stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans
en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as
die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror
International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die
Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590
kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS,
besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n
Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz
plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-
amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse
Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003